Gaan na inhoud

Paralimpiese Winterspele 2006

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
IXe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2006

Gehou in Turyn, Italië
Deelnemende lande 38
Deelnemende atlete 474 (375 mans, 99 vroue)
Items 58 in 5 sporte
Openingseremonie 10 Maart 2006
Sluitingseremonie 19 Maart 2006
Amptelik geopen deur President Carlo Azeglio Ciampi
Atlete-eed Fabrizio Zardini
Beampte-eed –
Olimpiese vlam Silvia Battaglio en Aroldo Ruschioni
Vorige Spele 2002: Salt Lake City (VSA)
Volgende Spele 2010: Vancouver (Kanada)

Die Paralimpiese Winterspele 2006 (Italiaans: IX Giochi paralimpici invernali) is tussen 10 en 19 Maart 2006 in Turyn, Italië, aangebied. Tydens die geleentheid het 474 atlete uit 38 nasies aan 58 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die negende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is.

Die Olimpiese Winterspele 2006 is tussen 10 en 26 Februarie in Turyn gehou.

Toewysing

[wysig | wysig bron]
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2006

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2006 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2006.[2] Turyn is op 19 Junie 1999 in Seoel deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2006. Ander kandidate was: Sion, Helsinki, Klagenfurt, Poprad-Tatry en Zakopane.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2006[3]
Stad Land Rondte 1
TurynVlag van Italië Italië53
SionVlag van Switserland Switserland36
HelsinkiVlag van Finland Finland–
KlagenfurtVlag van Oostenryk Oostenryk–
Poprad-TatryVlag van Slowakye Slowakye–
ZakopaneVlag van Pole Pole–

Sporte

[wysig | wysig bron]
Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2006

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie  ● Wedstryde  1 Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Maart 2006 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 Items
Alpeski 2 4 2 4 2 4 2 4 24
Heg-en-steg-ski 6 6 2 2 4 20
Paratweekamp 6 6 12
Rolstoelysbal ● ● ● ● ● ● 1 1
Sleehokkie ● ● ● ● ● ● 1 1
Totaal 8 10 2 10 6 2 6 6 8 58
Seremonies OS SS

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Aantal medaljes

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 2006:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

Aantal atlete volgens deelnemende nasies in 2006:

   1–4 atlete

   5–9 atlete

   10–19 atlete

   meer as 20 atlete

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Rusland Rusland (RUS)291313733
2Vlag van Duitsland Duitsland (GER)3585518
3Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR)1279925
4Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)1972615
5Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)5672312
6Vlag van Kanada Kanada (CAN)3553513
7Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)2534714
8Vlag van Japan Japan (JPN)402529
9Vlag van Italië Italië (ITA)392248
10Vlag van Pole Pole (POL)112002
11Vlag van Belarus Belarus (BLR)–1629
12Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)291135
13Vlag van Australië Australië (AUS)100112
Vlag van Slowakye Slowakye (SVK)170112
Vlag van Spanje Spanje (ESP)90112
Vlag van Switserland Switserland (SUI)210112
17Flag of the Czech Republic Tsjeggië (CZE)50101
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)200101
19Vlag van Swede Swede (SWE)190011
Totaal (19 NPKs)–585858174

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 27 Junie 2019.
  2. ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.
  3. ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 Junie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960 • Tokio 1964 • Tel Aviv 1968 • Heidelberg 1972 • Toronto 1976 • Arnhem 1980 • New York & Stoke Mandeville 1984 • Seoel 1988 • Barcelona 1992 • Atlanta 1996 • Sydney 2000 • Athene 2004 • Beijing 2008 • Londen 2012 • Rio de Janeiro 2016 • Tokio 2020 • Parys 2024 • Los Angeles 2028 • Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976 • Geilo 1980 • Innsbruck 1984 • Innsbruck 1988 • Tignes-Albertville 1992 • Lillehammer 1994 • Nagano 1998 • Salt Lake City 2002 • Turyn 2006 • Vancouver 2010 • Sotsji 2014 • Pyeongchang 2018 • Beijing 2022 • Milaan/Cortina 2026 • Franse Alpe 2030 • Salt Lake City 2034
Internasionale Paralimpiese Komitee – Nasionale Paralimpiese Komitee