Gaan na inhoud

Kaapspoor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kaapspoor in Kosti, Soedan.

Spoorweë met 'n spoorwydte van 1067 mm (3 voet 6 duim) is die eerste keer gebou vir waens wat deur perde getrek is. Vanaf die middel-negentiende eeu word veel meer 3 vt 6 dm netwerke gebou in die Britse kolonies (ook die Kaapkolonie en Natal) en Japan. Later het ook die destydse Belgiese Kongo en Angola Kaapspoor (Kapspur) gebruik. Teen die begin van die twintigste eeu het talle 3 voet 6 duim tramnetwerke die lig gesien. Met die ontwikkeling van Tanganjika (Duits-Oos-Afrika) het die Duitse owerhede daar Meterspur, 'n spoorbreedte van 1 meter, gebruik.

Daar is ongeveer 112 000 kilometer (70 000 myl) van 3 vt 6 dm se spore oor die wêreld gelê.

Die hele nasionale spooruitleg in Suider-Afrika bestaan uit Kaapspoorwydte, met die uitsondering van 3 trajekte:

Dr. Berks T. Hutchinson, 'n tandarts van Kaapstad, het by die regering van die Kaapkolonie aanbeveel om van die Europese spoorwydte van 4 vt 8½ dm afstand te doen en om die wydte van 3 vt 6 dm te gebruik.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.