Gaan na inhoud

Dasa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Dasa of das is ’n Sanskrit-woord wat in antieke Hindoegeskrifte soos die Rigveda en Arthashastra aangetref word.[1] Dit beteken gewoonlik "vyand" of "dienaar".[2]

’n Derde gebruik, wat verwant is aan die tweede betekenis, is "dienaar van God", "gelowige". Dit kan ook voor ’n naam gebruik word om ’n "dienaar" van ’n geërde persoon of godheid aan te dui.[3]

In some sommige gevalle is dit vervangbaar met die woorde dasyu en asura, wat albei vertaal word as "demoon", "skadelike bonatuurlike mag", "slaaf" of "barbaar", na gelang van die konteks waarin dit gebruik word.[2][4]

Rigveda 10.22.8 beskryf dasas as onder meer "barbare" wat geen wette het nie, ander oortuigings het en iemand kwaad kan aandoen sonder dat hulle die mens ken.[4] Daar is 'n teorie wat hulle met die Dahae verbind.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ R.P. Kangle (1960), The Kautiliya Arthasastra - a critical edition, Vol. 2 en 3, University of Bombay Studies, ISBN 978-8120800427
  2. 1 2 Barbara West (2008), Encyclopedia of the Peoples of Asia and Oceania, ISBN 978-0816071098, bl. 182
  3. ↑ Gregory Schopen (2004), Buddhist Monks and Business Matters, University of Hawaii Press, ISBN 978-0824827748, bl. 201
  4. 1 2 Wash Edward Hale (1999), Ásura in Early Vedic Religion, Motilal Barnarsidass, ISBN 978-8120800618, pages 159-169
  5. ↑ Renfrew, Colin (1991). "Review of The Coming of the Aryans to Iran and India and the Cultural and Ethnic Identity of the Dāsas". Journal of the Royal Asiatic Society. 1 (1): 106–109. ISSN 1356-1863.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Parpola, Asko (2015), The Roots of Hinduism: The Early Aryans and the Indus Civilization, Oxford University Press Incorporated, ISBN 0190226927